Q: Ons stel noggal belang in die roete van Spitzkoppe reguit Noord tot by Palmwag.Verder het ons besluit Ruacana uit te los en te fokus op die Marienfluss en die Hartmansberge. Ons sal nader an die tyd besluit of ons Van Zyl gaan ry, afhangende van hoe sy toestand is. Dit maak dat ons roete 3 opsies het vanaf Purros.
Ek beskryf ons roete hieronder.Ek het nog so paar vraagtekens gesit daar waar ek nie mooi weet waar ons kan kamp nie.
Kan jy raad ge?
Wys Tracks4Africa roetes wat ons kan ry om oor die Hartmansberge te ry van die Marientfluss se kant af? En om op te ry Kunene toe?
Kan jy dit op die GPS laai asseblief?
Johannesburg
Vryburg
Keetmanshoop
Sossusvlei
Spitzkoppe
Swakopmund
? Rhino Camp
? Aba Huab
Sesfontein Ongongo
Purros
Orupembe of ekstra nacht Purros en volgende dag direk deur
Van Zylspas of in Marientflus vallei op
Marientfluss
Hartmansvallei
Hartmansvallei
Purros
Windhoek-Gobabis
voor Lobatse (?wild kamp)
Johannesburg
A: Ek het die roete vir julle uitgewerk, hieronder is ‘n afbraak soos ek goed dink, laat weet as julle enige verandringe wil aanbring. Hierdie is ‘n tuwwe roete, en julle gaan ry dat dit klap, maar julle gaan fantastiese plekke sien. Die totale roete is 5365km lank.
- Jhb – Vryburg – 407km
- Vryburg – Keetmanshoop – 742km (By Keetmanshoop gaan kyk verseker na Giant’s playground & Quiver tree forest, daar is ook verblyf daar, one het nie daar bespreek nie, net opgedaag)
- Keetmanshoop – Sossusvlei – 402km
- Sossusvlei – Swakopmund – 357km (Ry via Walvisbaai)
- Swakopmund – Spitzkoppe – 155km (Het al ‘n paar keer by Spitzkoppe geslaap en nog not daarvoor bespreek nie)
- Spitzkoppe – Rhino Camp – 218km (Die Rhino camp is in die Ugab, 218km lyk kort, maar dit gaan julle die meeste van die dag neem om dit af te ry, julle gaan deur die Umaruru droee rivier, kyk na die Umaruru dam, ry via Uis vir brandstof, ry aan die Weste kant vd brandberg verby, sien baie welwitschias, swem in die Branberg West Myn
- Rhino Camp – Aba Huab – 99km (Hier ry julle deur ‘n ongelooflike droee area, baie klipperig, baie mooi. Sien hierdie as ‘n rusdag, hoef net 100km te ry, maar dit gaan julle nog steeds 3-4 ure neem)
- Aba Huab – Ongongo – 239km (Maak ‘n draai by Twyfelfontein & Petrified forest, stop ook by Palmwag vir ‘n permit, brandstof, swem & biertjie langs die swembad)
- Opsie 1 Ongongo – Otjitanda – 291km Julle ry v Zyls Pas (Via Opuwo vir brandstof, slaap by Otjitanda campsite 22km van v Zyls Pas af. Het nog nie self daar geslaap nie, maar dit is op Tracks for Africa aangedui as ‘n campsite)
- Otjitanda – Otjinhungwa – 85km (Oor v Zyls Pas, gaan julle die hele dag vat, ry die hele lengte van die Marienfluss, Otjinhungwa is ‘n kampplek reg langs die Cunene rivier)
- Opsie2 Ongongo – Etanga – 250km Ry nie v Zyls Pas nie (Via Opuwo vir brandstof, slaap by Etanga
- Etanga – Otjinhungwa – 185km Mis v Zyls Pas, het nog nie die roete gery nie, maar verwag dat dit julle die hele dag gaan neem, ry die hele lengte van die Marienfluss, Otjinhungwa is ‘n kampplek reg langs die Cunene rivier
- Otjinhungwa – Hartmans – ???km Julle sal by Otjinhungwa moet uitvind hoe om te ry, ek kry nie inligting oor Hartmans by Garmin nie
- Otjinhungwa – Orupembe – 118km
- Orumembe – Puros – 85km (Kyk maar hoe lyk julle tyd, dalk moet julle die twee dae in 1 doen en eerder 2 dae by Puros bly, dit is baie ekker by Puros, goeie camsites, olifante, Himba Village….)
- Puros – Cameltop Camp – 157km (Verwag om meeste van die dag te ry, fantastiese dag!!!! Ry die hele Huanib rivier, verby Amspoort en deur Die Poort – gaan verseker olifante sien!! Cameltop campsite tel: 065 275513, Cameltop is baie naby aan Sesfontein. Julle kan ook weer by Ongongo gaan slaap.)
- Cameltop Camp – Windhoek – 723km Hierdie is ‘n lang dag, val maar vroeg in die pad
- Windhoek – Pretoria – 1357km Hierdie is julle langste dag, miskien moet julle dit opbreek en in Kang of Lobatse oorslaap. Daar is ‘n kamp plek met die naam Saint Clair Lion Park Campsite 30km van Lobatse af.